“ATKV-redenaars Semi-finaal. Baie geluk aan ons uitmuntende redenaars wat Hoërskool Transvalia met trots verteenwoordig het by die Gauteng-Wes-semi-finalerondte van die ATKV Redenaarskompetisie 2026. Julle harde werk, talent en toewyding het werklik vrugte afgewerp,” het Transvalia oor hulle redenaar deelenemers gesê.
Jaco-Niel Verwey – 1ste plek in gr. 8–9 Voorbereide Toespraak en deur na die Nasionale Finale! Hy behaal ook ’n indrukwekkende 6de plek in gr. 8–9 Onvoorbereide Toespraak.
Mosa Tladi – 1ste plek in gr. 10–12 Afrikaans Addisionele Taal Onvoorbereide Toespraak en kwalifiseer vir die Nasionale Finale. Sy eindig verder 4de in Afrikaans Addisionele Taal Voorbereide Toespraak.
Lehlohonolo Mokone – 4de plek in gr. 8–9 Afrikaans Addisionele Taal Voorbereide Toespraak.
Atlehang Ramaditse – 6de plek in gr. 10–12 Afrikaans Addisionele Taal Voorbereide Toespraak.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle se prestasies. Sterkte aan Jaco-Niel en Mosa met die Nasionale Finale – die hele Transvalia-familie staan bankvas agter julle!






You must be logged in to post a comment.