Hoërskool Montagu is baie trots op drie van hul netbalspanne wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe van die Kaapse Wynland Worcester B-Liga as ligawenners gekroon is! Hierdie merkwaardige prestasie bevestig die talent, vasberadenheid en spangees van Hoërskool Montagu se netbal.
Uitslae van die o.15A-span:
- Wen Hoërskool Robertson: 22–19
- Wen Hoërskool Bonnievale: 21–7
- Wen Hoërskool Montana: 23–5
Eindranglys – B-Liga o.15A:
- Hoërskool Montagu
- Hoërskool Bonnievale
- Hoërskool Robertson
- Hoërskool Hexvallei
- Hoërskool Montana
Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding – op én van die baan af – het hierdie besondere prestasie moontlik gemaak. Met trots het Hoërskool Montagu Netbal weereens bewys dat sukses gebou word op samewerking en vasberadenheid.
Baie geluk aan elke speler en afrigter – julle hou Hoërskool Montagu se naam hoog en inspireer die hele skoolgemeenskap!






You must be logged in to post a comment.