Van Weskus-kampioen, toe Boland na Boland ASA-kampioen en nou Wes-Kaap se kampioen.
Lienka Brand (14), ‘n leerder aan die Hoërskool Swartland, het die afgelope Vrydag en Saterdag (13 en 14 Maart) aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap in Stellenbosch deelgeneem, waar sy die rekords behoorlik laat spat het.
Lienka het met die louere weggestap nadat sy die diskus-rekord met 39,61m gebreek het. Sy breek ook die rekord van 45,91m in hamergooi en het in beide items boonop haar eie persoonlike beste afstande verbeter. Hugo Pienaar, wat haar vanjaar vir die derde jaar afrig, het sy gelukwense op sosiale media uitgespreek.
Volgens hom het Lienka eers vanjaar met hamergooi begin.
Sy het op laerskool (Hoërskool Piketberg) o.12 en o.13 met die 750g diskus gegooi. Vanjaar is haar eerste jaar met die 1kg-vrouediskus.
Sy neem eersdaags in die ASA-jeugkampioenskap van 26 tot 28 Maart deel, gevolg deur die SA Skole-kampioenskap van 8 tot 11 April.
Op 14, lê Lienka tans 3de op die ranglys vir diskus in die Wes-Kaap.





