onko
Die regspraktisyn van die Paarl (regs) buite die handelsmisdaadhof in Bellville verlede jaar met sy gewese klant, Christiaan Arnoldus Kurtz.

‘n Afgedankte regsman van die Paarlse firma Faure & Faure, teen wie ondersoeke steeds voortduur, se naam het weer opgeduik nadat dit aan die lig gekom het dat hy so onlangs as Junie 2025 die Paarliet Christiaan Arnoldus Kurtz verdedig het wat van bedrog en kopiereg-oortredings aangekla word.

Dié regsgeleerde en voormalige vennoot van Faure & Faure is in ‘n tugverhoor in April 2024 afgedank.

Faure & Faure het ook glo ‘n strafregtelike klag teen die prokureur by die Paarl-polisie aanhangig gemaak.

Die regsgeleerde het volgens ‘n notice of withdrawal, ‘n openbare hofdokument, as Kurtz se regsverteenwoordiger namens SDP Attorneys bedank.

Dié dokument is op 24 Junie 2025 geteken en uitgereik.

Paarl Post het uitgereik na SDP Attorneys om onder meer te hoor of die afgedankte regspraktisyn steeds by SDP Attorneys praktiseer, maar geen terugvoering ontvang nie.

Christiaan Arnoldus Kurtz

Kurtz word daarvan beskuldig dat hy duisende kopieregbeskermde ingenieursontwerpe by sy vorige werkgewer, Technical Systems (TS), ‘n Kaapstad-gebaseerde ingenieurs- en vervaardigingsmaatskappy wat vervoertoerusting vervaardig wat veral in die pluimveebedryf gebruik word, gesteel het.

Hy het tussen 2001 en 2009 by TS gewerk.

Luidens die klagstaat het Kurtz tussen November 2010 en Junie 2013 valslik voorgehou dat hy die eienaar van sekere tegniese tekeninge is, dat hy die kopiereg daarop besit en toestemming vir die reproduksie daarvan verleen.

Hy het dus op dié manier onderdele en komponente laat vervaardig wat in werklikheid aan TS behoort.

Kurtz staan tereg op 31 aanklag- te van bedrog, of andersins op aanklagte van die oortreding van die kopieregwet.

pkpok[pkopo
Christaan Arnoldus Kurtz. Foto: Verskaf

Kurtz se verskyning in die handelsmisdaadhof in Bellville volg op ‘n dagvaarding wat uitgereik is ná ‘n polisie-ondersoek wat deur die Hooggeregshof in Kaapstad gelas is.

Kurtz het die afgelope Vrydag (6 Maart) weer in die handelsmisdaadhof in Bellville verskyn waar sy saak tot 8 Mei uitgestel is.

Kurtz se besigheidsperseel word in openbare hofdokumente as ‘n adres in Charleston Hill, Paarl aangegee.

Afgedankte regspraktisyn

Kurtz se gewese regsverteenwoordiger asook die voormalige senior vennoot van Faure & Faure is in April 2024 afgedank. Die regsman se beweerde wangedrag is ook intussen by die regspraktisynsraad aangemeld, het Faure & Faure destyds bevestig.

Ná sy afdanking het die regsfirma met ‘n “diepgaande forensiese ondersoek” begin waarna hulle in September verlede jaar, asook weer verlede week, aan Paarl Post bevestig het dat sy interne ondersoek afgehandel en die aangeleentheid na die Paarl-polisie verwys is.

‘n Gepaardgaande klagte is ook met ‘n versoek dat hy strafregtelik vervolg word, aangemeld.

Navrae is aan die Wes-Kaapse-polisie gerig, wat gesê het dat geen sake teen die regspraktisyn ondersoek word nie.

ojo;jik
‘n Wellingtonse regsman en afgedankte senior vennoot praktiseer ondanks klagtes.

Die koerant het toe ook by die Paarl-polisie navraag gedoen, maar geen terugvoering is ontvang nie.

Die firma het destyds gesê dat die afgedankte regsman reeds verlede jaar by die regspraktyk- raad van die Wes-Kaap aangemeld is.

Kabelo Letebele, ‘n woordvoerder vir die regspraktisynsraad, het destyds by navraag bevestig dat in 2024 alleen drie klagtes teen die prokereur aangemeld is.

Volgens Letebele het geen van dié klagtes egter van Faure & Faure af gekom nie.

Letebele het ook gesê hy word tans ondersoek, maar wou nie uitwei oor die aard van die ondersoek nie.

Opgedateerde navrae is aan die organisasie gestuur, onder meer om uit te vind of die regsgeleerde steeds praktiseer, maar terugvoering is nog nie ontvang nie.

Nog bewerings van bedrog

‘n Plaaslike regsgeleerde wat vertroud is met die geskorste vennoot, het voorheen op voorwaarde van anonimiteit aan Paarl Post gesê luidens gesprekke onder kollegas het die vennoot, wat in 2011 by die regsfirma aangesluit het, glo vir etlike jare ‘n fiktiewe “advokaat” geskep aan wie maandelikse betalings gemaak is.

“Die bewerings is dat hy dan fakture sou laat uitmaak vir hierdie ‘advokaat’ se dienste wat aan die regsfirma gelewer is.

“Die vermoede is dus dat hier-die geld dan in een van sy persoonlike rekeninge betaal is.

LEES: Wellingtonse regsman praktiseer steeds ná hy glo Paarlse firma van miljoene besteel

“Hy betaal boonop ook nie inkomstebelasting op hierdie inkomste nie, want dit gaan as ‘n uitgawe vir die besigheid deur.”

Volgens die bron het dié aktiwiteit glo vir etlike jare aangegaan. Hy kon nie ‘n geraamde bedrag gee van hoeveel rand se beweerde uitbetalings gemaak is nie, maar het wel genoem dat dit glo miljoene beloop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article