Die 27ste Vista-Odensia-aandreeks begin Woensdag.
Die 27ste Vista-Odensia-aandreeks begin Woensdag.

Vanjaar word die 27ste Vista-Odensia-aandreeks vir laerskole-rugby en -netbal aangebied.

Die eerste wedstryde word op Woensdag 11 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus gespeel, met die eindstryde wat op Donderdag 19 Maart beslis word.

Die skole wat gaan deelneem, is: die Welkom-Volkskool, Laerskool Koppie Alleen, Aurora Primary School, Laerskool Bothaville, Laerskool St Helena, Kingdom Academy, Brandwag-Volkskool, Laerskool Senekal, Laerskool Hennenman, Harmony Primary School, St Dominic’s College Primary, Welkom Prep, Laerskool Nelsdrif, Laerskool Riebeeckstad, Laerskool Voluit en die Laerskool Sandveld.

Dié gewilde jaarlikse sportbyeenkoms beloof om weer baie opwinding vir rugby- en netbalspelers, asook die publiek, in te hou.

Piet Odendaal, hoof van die Laerskool Odensia in Odendaalsrus.
Piet Odendaal, hoof van die Laerskool Odensia.

Piet Odendaal, hoof van Odensia, sê in sy boodskap dat die skool dankbaar is om nog in ‘n posisie te wees om die gewilde reeks aan te bied.

“Vanjaar is die geleentheid weer daar sodat elke rugby- en netbalspeler dit kan geniet en mooi vriendskappe en goeie herinneringe kan bou.”

Odendaal verwelkom al die deelnemers, ouers en ondersteuners by die 27ste Vista-Odensia-aandreeks vir laerskole-rugby en -netbal.

“Kom geniet die vyf dae van rugby en netbal. Kom wees deel van die feestelike atmosfeer,” nooi Odendaal.

Hy sê die geleentheid vir die kinders in die Goudveld en omgewing kan nie plaasvind sonder die verskeie betrokkenes se bydrae nie.

“Ons opregte dank aan die Goudveldgemeenskap wat Odensia ondersteun en sodoende daartoe bydra dat die geleentheid aangebied kan word. ‘n Spesiale woord van dank aan ons hoofborg, Vista (Novus Media Gemeenskapnuus). Ook aan die onderskeie skole wat gaan deelneem.”

Odendaal sê die skool gaan dit weer so opwindend as moontlik vir die deelnemers maak sodat dit ‘n geleentheid gaan wees wat elke deelnemer kan koester.

“Ons sien daarna uit om al die deelnemende spanne hier te ontvang.”

“Dankie aan al die afrigters, en ook elke skeidsregter wat bereid is om die wedstryde tydens die aandreeks te hanteer. Ons waardeer jul bereidwilligheid. Ek wil graag weer eens die klem plaas op ons dankbaarheid dat ons met die samewerking van baie mense die geleentheid kan aanbied. Ons waardeer die Gouveldgemeenskap,” sê Odendaal.


Vuyisile Manyo, head boy of the Laerskool Odensia, with his message for the participating teams.
Vuyisile Manyo, head boy: Welcome to all the participa-
ting teams at the Vista-Odensia Rugby and Netball Night Series for 2026. We are so excited to have you here to enjoy your skills and talents. My wish is that you will enjoy the excitement during the five days at Odensia. Hope you enjoy the excitement of the games and the tasty eats at our food stalls. Let’s make this a night to remember. Good luck to everybody.
Botshelo Seutloali, head girl of the Laerskool Odensia, with her message to participating teams.
Botshelo Seutloali, head girl: I extend a warm welcome to all our dedicated teachers, talented netball and rugby players, supportive parents and generous sponsors. We deeply appreciate the support. Whether you are fighting for a try, shooting for a hoop, or leading a cheer, your sportsmanship defines your excellence. Good luck to the teams. Enjoy the thrill of the Vista Odensia Night Series under the lights. “Play with heart, lead with pride, do your best.”

Ivandri Olwage, hoofmeisie van die Laerskool Odensia in Odendaalsrus.

Ivandri Olwage, hoofmeisie: Die wag is verby. Die Vista-Odensia-aandreeks 2026 het aangebreek. U word genooi om saam met ons ‘n Vista-Odensia-aandreeks vol opwinding, spanwerk, trots en ware sportmangees te beleef. Dit beloof om ‘n geleentheid te wees waar ons leerders hul talente met selfvertroue en oorgawe kan uitleef. Kom ondersteun die deelnemers en help ons om ‘n positiewe, opbouende at- mosfeer te skep waarin elke leerder aangemoedig word om sy of haar beste te gee. “So kan julle lig skyn voor die mense.” Mattheus 5:16 Mag elkeen van ons , ons lig laat skyn deur ondersteuning, respek en entoesiasme. Ons verwelkom elke deelnemer om saam onvergeetlike herinneringe te skep.

Lénardo Jordaan, hoofseun van die Laerskool Odensia in Odendaalsrus.

Lénardo Jordaan, hoofseun: Die tyd is hier. Die Vista-Odensia-aandreeks is om die draai. Ons nooi die hele Goudveld-gemeenskap uit om dié aandreeks saam met ons te geniet en te ondersteun. Elke aand is ‘n geleentheid vir die spelers om hul talente op die rugbyeld en netbalbaan uit te leef. Die Aandreeks is ‘n belangrike deel van die skool se geskiedenis en bring ons gemeenskap nader aan mekaar. Ons gaan lekker lawaai en lewe gee aan die omgewing om Odensia. Kom geniet die lekker feestelike atmosfeer. Al die deelnemers moet dit kom geniet. Gee net jou beste en glo in jouself. Fillipense 4:13: “Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article