Die eerste gedrukte uitgawe van die nuwe nasionale Afrikaanse weekblad, Die Papier, sal more, Vrydag 6 Maart, landwyd by winkels beskikbaar wees.
Barnard Beukman is die redakteur van die nuwe Afrikaanse weekblad, Die Papier.

Die eerste gedrukte uitgawe van die nuwe nasionale Afrikaanse weekblad, Die Papier, sal môre, Vrydag 6 Maart, landwyd by winkels beskikbaar wees.

Deur die webwerf papier.co.za te besoek sal lesers ook vanaf Vrydagoggend af ’n digitale e-koerant kan koop om aanlyn deur te blaai.

Novus Media, moedermaatskappy van Novanews, het die nuwe publikasie in November 2025 aangekondig.

Novus Media, wat in 2024 gestig is, bedien reeds miljoene lesers landswyd met 21 gemeenskapstitels en publikasies soos Rooi Rose, Soccer Laduma en Kick Off, asook digitale platforms soos Novanews.co.za.

“Ons is baie opgewonde oor die eerste uitgawe,” sê  Barnard Beukman, redakteur van Die Papier.

“Die koerant sal saam met alle betrokkenes en veral die lesers oor die volgende weke, maande en jaar uitgebou word as ’n belangrike bate vir die Afrikaanse lesersmark,” aldus Beukman.

Die eerste gedrukte uitgawe van die nuwe nasionale Afrikaanse weekblad, Die Papier, sal Vrydag 6 Maart landwyd by winkels beskikbaar wees.

Inhoud

Die Papier sal fokus op nuus, gemeenskapsnuus, sake- en sportnuus, asook kultuur- en leefstylinhoud. Beukman sê jonger lesers sal ook ‘n tuiste vind, aangesien die publikasie formate en inhoud aanbied wat aan hul behoeftes voldoen.

Die Afrikaanse mark in Suid-Afrika tel meer as sewe miljoen mense. Esmé Smit, direkteur van Novus Media, sê Die Papier is die maatskappy se eerste nasionale nuuskoerant. “Dit neem gehalte Afrikaanse joernalistiek na ‘n nuwe vlak, met ‘n bereik wat al die provinsies insluit.”

Die Papier sal landswyd beskikbaar wees by handelaars wat tradisioneel Afrikaanse tydskrifte verkoop asook dagblaaie en Sondag-koerante.

Doen gerus navraag by diepapierintekening@onthedot.co.za oor watter winkels naby jou die koerant sal aanhou. Anders is daar die opsie om ‘n betaalde e-koerant aanlyn te lees. Sien ook die webwerf www.diepapier.co.za.

Lesers wat tuisaflewering van Die Papier verkies, kan ‘n epos stuur aan diepapierintekening@onthedot.co.za of bel 087 353 1291.

LEES OOK: Die Papier beloof nuwe lewe vir Afrikaanse drukmedia

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article