'n Biokinetikus van Bloemfontein ry nou 1 000km op 'n fiets tot in Kaapstad om geld in te samel vir akademiese en sportontwikkeling.
Bea Labuschagne (22) wuif vrolik op die brug waar die N1 oor die Oranjerivier loop. FOTO: Verskaf

BLOEMFONTEIN – Môre breek ‘n runskansie aan vir ‘n dapper jong fietsryer wat sedert Sondag haar pad deur wind, reën en die somerson van Bloemfontein tot in Kaapstad aftrap.

Bea Labuschagne (22), ‘n biokinetikus en ‘n vrou met ‘n passie vir haar medemens, het volgens beplanning Sondag 22 Februarie om 07:15 in die pad geval om geld in te samel om kinders met ekstra klasse en sportuitgawes te help.

Langs die pad stop sy by skole om met leerders haar ervaringe te deel van hoe ander haar tydens háár skoolloopbaan op allerlei maniere gehelp het toe dinge moeilik was. Nou is dit haar beurt om te terug te gee.

'n Biokinetikus van Bloemfontein ry nou 1 000km op 'n fiets tot in Kaapstad om geld in te samel vir akademiese en sportontwikkeling.
Bea Labuschagne op die fietes waarmee sy van Bloemfontein tot in Kaapstad ry om geld in te samel vir Prosper in Life with Christ. FOTO: Verskaf

Sy het die niewinsgewende organisasie, Prosper in Life with Christ, geregistreer en onderneem haar fietsrit genaamd Cycling with Christ saam met ‘n klein ondersteuningspan. Sy wil met die fietstog geld vir dié organisasie insamel.

Sy sit nie net en wag vir ondersteuning vir Prosper in Life with Christ nie, maar het dadelik haar eerste insamelingsprojek begin reël om deure oop te maak en jongmense te bemagtig sodat elkeen sy God-gegewe doel kan bereik en vry kan wees van omstandighede wat hulle inperk.

“Ek wil help om geleenthede moontlik te maak wat vir ‘n kind dalk onmoontlik kan lyk. Ek weet Jesus gaan elke tree saam met my wees,” sê sy met oortuiging.

Die eerste paar dae van haar fietstoer het voortdurende reën en wind haar tog bemoeilik, maar sy het dapper deurgedrik en het reeds tot in Hanover gevorder – die eerste 298km agter die rug.

LEES OOK: Bloemfontein-biokinetikus pak 1000km fietsrit Kaap toe aan om kinders se toekoms te help bou

“Die beentjies hou, maar vandag was taai met die wind wat my teruggehou het,” het sy Dinsdag-aand gesê oor haar skof tussen Trompsburg en Colesberg.

'n Biokinetikus van Bloemfontein ry nou 1 000km op 'n fiets tot in Kaapstad om geld in te samel vir akademiese en sportontwikkeling.
Bea en die voertuig en span wat saam met haar reis tot in Kaapstad.

Sy het Woensdag teen middagete in Hanover aangekom waar sy ‘n ruskansie gaan neem voordat sy weer Donderdag ‘n stywe skof aandruf – die 140km tot in Drie Susters.

As alles goed gaan, ry sy op 7 Maart van die Paarl tot in Kaapstad.

Sluit by haar aan terwyl sy elke kilometer aflê met geloof, ‘n vaste doel voor oë en hoop.

Volg Bea se reis en ondersteun haar. Besoek die Facebookblad Prosperinlifewithchrist om video’s te sien van haar tog tot in Kaapstad.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article