Die heel eerste weergawe van Marinda Engelbrecht se kookboek Maklik met Marinda is in tydskrif-formaat uitegegee.
Dit was so gewild, dat ‘n kookprogram met dieselfde naam vir TV vervaardig is en die heruitgawe nou in boekformaat beskikbaar is.
Marina sê haar liefde vir eenvoudige kos is die towerbestanddeel in haar resepte. “Ek is ‘n voorstander van wat op die rak en die kas by die huis is. Niks fênsie, g’n fieterjasies of tierlantytjies nie.”
Hier is ‘n lekker idee vir iets saam met Sondag se roomys. Marinda se weergawe van truffels.

Oreo-truffels:
Jy benodig
2 x 176g-pakkies Oreo-koekies – fyngemaak in ‘n voedselverwerker
250ml klapper
3/4 van ‘n 230g-bakkie roomkaas
2 doppies brandewyn
kakaopoeier om die balletjies in te rol
- Meng al die bestanddele behalwe die kakaopoeir saam in ‘n groot mengbak. As die mengsel nat is, voeg biejtie meer klapper by.
- Rol nou die mengsel in ewe groot balletjies, rol elkeen in die kakaopoeier en plaas in die yskas tot ferm.
Die beslag lewer 25 tot 30 balletjies en voorbereiding duur sowat 30 min.
Maklik met Marinda word uitgegee deur Human & Rousseau.






You must be logged in to post a comment.