Die Zazon-vlakkiekrieketklub se eerste span het die afgelope naweek aan die Andrew Losch-kriekettoernooi in Worcester deelgeneem en teen die Puma-vlakkiekrieketspan van Worcester gewen. Daar was altesaam 16 vlakkiekrieketspanne wat deelgeneem het. Die Pumas het altesaam 93-7 paaltjies gehad van 10 boulbeurte, maar in die sewende boulbeurt het Zazon die telling verbygesteek en is bekroon as die wenners van die toernooi met R4 200 as prysgeld terwyl die naaswenner (Pumas) R2 100 gewen het.


Zazon wen vlakkiekrieket-toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article