Die Young Shooters-sokkerklub van Rawsonville het van die begin van die sokkerseisoen tot nou goed gevaar.
Agt sokkertoernooie is al vanjaar met sestien spanne gespeel, waarvan die Young Shooters in vyf in die eindronde gespeel het.
Dié span het in die afgelope naweek (25 en 26 Maart) se toernooi, wat deur die Young Shooters-sokkerklub van Rawsonville gereël is, ook na die eindronde deurgedring.
Die Young Shooters het die Rangers United-sokkerklub se A-span in dié eindstryd met 6-5 geklop.
Die Young Shooters het op pad na die eindronde die Young Puma’s in die kwarteindstryd met 5-2 geklop, en in die halfeindstryd die Peacemakers (ook van Rawsonville) naelskraaps 3-2 gewen.



