Die Worcester Lions-klub het as diensorganisasie besluit om ’n skenking aan ’n verdienstelike vereniging met die fokus op omgewingsbewaring te gee. Die senior bestuurslede van die Lions-klub het op WCID (Worcester Central Improvement District) besluit en goedgunstiglik ’n bedrag geld geskenk waarmee die organisasie groot bome kon koop en wat gebruik kan word om bome op Kerkplein, wat al dood is, te vervang. Van links is Francois Esterhuyze, Jean Fouche, Retha Alberts (WCID voorsitter) en Gavin Phillips (Lions Club-president). Foto: Salomien Smal


Worcester Lions skenk geld vir bome

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article