Die Charles en Catherine-dagsorgsentrum in Worcester het verlede Vrydag sy tiende verjaardag in die vorm van ’n sportdag vir die kleintjies gevier. Die kleuters is ook met lekkernye en ander vermaak op die dag bederf. Hierdie span kleingoed was Vrydagoggend vroeg slaggereed vir hul dag vol opwinding. Catherine Scheepers, een van die stigterslede, het al die borge wat tot die sukses van die dag bygedra het, asook die sentrum se hoof, onderwysers, Heidrich Jeftha en die bestuur, bedank. Die skool het ook op dieselfde dag een van sy personeellede, Dora Daniels, ná tien jaar vaarwel geroep.


Worcester-dagsorg vier sy tiende verjaarsdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article