Die Winelands Riding Group-motorfietsklub het Saterdag (3 Desember) babadoeke aan die Sean Kelly-vereniging vir sensories gestremdes geskenk. Die klub het ’n insamelingsinisiatief van stapel gestuur en ook ’n skenking van die plaaslike Checkers ontvang. Hulle het ook wors gebraai en die personeel elk met ’n sjokolade bederf. Dit was die klub se agtste besoek aan Sean Kelly, omdat hulle die tehuis vir kinders met sensoriese gestremdhede as hul projek vir die jaar gekies het. Foto: Tamsyn Jantjies


Winelands-motorfietsgroep reik uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article