“Ooh, kan nie wag vir die ekspo nie; het só lekker by die laaste een gekuier,” skryf een van die Winelands Autumn Expo se Facebook-volgelinge. En wat is daar nie om van te hou nie? Die Winelands Autumn Expo keer op 30 en 31 Mei 2025 op die Hoërskool Montana se pragtige sportgronde in Worcester terug.
Die sukses van die 2024-ekspo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het.
Meer as 100 verskaffers het bekroonde wyne, spiritualieë, kulinêre lekkernye en kunswerke vir die meer as 2 500 besoekers aangebied. Daar was hope vermaak met topkunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Jeod House, Tarryn Lamb en Emo Adams wat die gehoor aan die dans gehou het.
Besoekers aan die 2025- Winelands Autumn Expo kan uitsien na ’n wyer verskeidenheid aanbiedinge. Die ekspo sal die beste plekke om te bly en te verken, venues om in te vier, avonture om te ervaar en produkte om te proe en te geniet ten toon stel. Groot talente word vir vermaak opgestel, met Early B as deel van die program. Wonderlike pryse sal op die spel wees.
Die organiseerders sien toe dat kinders se vermaak opwindend is, met toegewyde verhoogoptredes en stalletjies net vir die jongspan. Ouers kan hul kinders by die afgebakende kindervermaak-gebied aflaai, waar kinderoppassers ouderdomsgepaste aktiwiteite in ’n veilige omgewing sal aanbied. Dit stel ouers in staat om deur die stalletjies en uitstallings te stap en ’n maaltyd saam met vriende te geniet terwyl hulle na ’n vertoning kyk. Die avontuuruitstallings sal alles insluit wat verband hou met die buitelewe, avontuur en reis.
Hoewel herfs die goue seisoen in die Wynlande is, sal stalletjies en verskaffers onderdak wees. Selfs al werk die weer nie saam nie, kan besoekers steeds die stalletjies, vermaak, uitstallings en kos-waentjies geniet.
. Besoek die Winelands Autumn Expo se Facebook-bladsy vir aankondigings, insluitend vermaak, uitstallings en kompetisies. Neem deel en staan ’n kans om gratis kaartjies, naweekwegbreke, geskenkpakke en weggeepryse te wen. Besoek Winelands Autumn Expo op Facebook en maak seker dat jy die ekspo gereeld volg.
Uitstallers en verskaffers wat hul produkte wil verkoop of uitstal, het tot 31 Maart 2025 om hul aansoeke in te dien. Besoek www.autumnexpo.co.za om aansoek te doen.



