Brandvlei-hengelklub se kompetisie is die afgelope Saterdag in ’n plaasdam naby Wolseley gehou. Weens die sterk en wispelturige wind moes die hengelaars hul tegniek en aas daarby aanpas en boonop was die vis maar traag om te byt. Vyf van die hengelaars kon geen vis inweeg nie. Die dag het aan Charl Ferreira behoort wat met sy 16 visse (8 kg) die wenner in die B-afdeling was. Ferreira was ook die beste in die senior afdeling en is boonop as algehele wenner van die dag aangewys. Danie Wilmot was tweede in die B-afdeling en het die beste onder die veterane gevaar. In die A-afdeling was Jacques van Graan die wenner met sy sewe visse. Van Graan was ook die dag se wenner in die meestersafdeling. Meagan van Graan het eerste geëindig in die vroueafdeling, met Bonita Groenewald in die tweede plek. In die junior afdeling het Zander Coetzee eerste geëindig. Van links is Meagan van Graan, Jacques van Graan, Danie Wilmot, Bonita Groenewald, Charl Ferreira en Zeandré Coetzee.Foto:


Wind skei kaf van koring by Brandvlei-hengelklub

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article