Saterdag 28 November tree Emo Adams, Andriëtte Norman, Heinz Winckler en Snotkop op tydens die SPAR Tussen die Sterre-konsert by die Liquifruit-amfiteater op Paarlberg.
Die konsert word jaarliks aangebied deur SPAR Wes-Kaap ten bate van Operation Smile Suid-Afrika. Die konsert begin om 19:00 en hekke open reeds om 17:00. Die konsert is geskik vir die hele gesin. Daar sal ook kosstalletjies en verversings te koop wees.
Kaartjies van R200 af kan bespreek word by Computicket. Vir meer besonderhede, besoek www.cultivaria.com.
) Een gelukkige Standard-leser staan ’n kans om ’n familiepakket wat vier kaartjies en ’n geskenkpak insluit te wen, deur die woord “SPAR STERRE” en jou naam te SMS na 34426 (R1,50). SMSe sluit Sondag 8 November. Enigiemand mag inskryf, behalwe werknemers van SPAR en Boland Media, hul gesinne en reklame-agentskappe.



