Nog stormweer is volgens die Suid Afrikaanse Weerdiens op pad. Foto: Argief


Ten spyte van die feit dat vandag uiters warm gaan wees, bekruip ’n intense kouefront die Wes-Kaap wat tot Maandag kan duur.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens­ waarsku inwoners en boere oor erge wind en reën ­wat verwag kan word.

Reënweer word vanaf Saterdag voorspel in die Breedevallei.

Maar vandag kan die kwik tot 36 °C in Worcester styg.

Teen môre daal tot sowat 28 °C en Saterdag is daar weer ’n 40%-kans op reën in Worcester en omgewing.

En vir Sondag word die groot reën voorspel met ’n 60%-kans op buie wat oor die gebied verwag kan word asook Maandag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article