’n 29-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar vriend, wat ook 29 jaar oud is.

Die polisie is Sondag (15 Januarie) om 00:43 na die plaas Meerlust in Doornrivier ontbied.

“Met hul aankoms op die toneel was paramedici reeds besig om die slagoffer te stabiliseer,” het AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, verduidelik.

“Die slagoffer het ’n steekwond aan die linkerkant van sy bors gehad. Hy is egter later deur die paramedici dood verklaar,” het Jacobs gesê.

’n Vrou het die polisie, terwyl hulle nog op die toneel was, genader.

“Sy het aan hulle erken dat sy haar vriend gesteek het. Sy is op die toneel in hegtenis geneem.”

Die polisie vermoed die twee het stry gekry, maar dit is nog nie bevestig nie. Die verdagte het Dinsdag (17 Januarie) die eerste keer in die Worcester-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article