Die eerste volmaanpiekniek vir 2017 by die Taalmonument op Paarlberg vind al môre-aand, 13 Januarie, plaas.
Plaaslike inwoners en oorsese besoekers geniet elke volmaan die sonsondergang en naguitsig oor die Paarlvallei.
Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring om die projek te ondersteun.
Besoekers kan hul eie piekniekmandjie saambring of vooraf een by Volksmond-koffiewinkel bestel by 021 863 2800.
Kaartjies kos R25 vir volwassenes, R10 vir studente en R5 vir kinders. Kinders onder ses jaar kan gratis ingaan. Kaartjies is by Computicket en by die hek beskikbaar. Geen besprekings is nodig nie.
Volmaanpieknieks vind ook plaas op 11 Februarie en 11 Maart.
Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer van die monument word om 18:30 aangebied.





