Brandvlei Hengelklub se kompetisie is die afgelope Saterdag in die Brandvleidam gehou.
Weens die sterk en wispelturige wind moes die hengelaars hul tegniek en aas daarby aanpas en boonop was die vis maar traag om te byt.
Die dag het aan Jacques van Graan behoort, wat as algehele wenner gekroon is. Hy het die A-sone met sy 18 vis oorheers en sy sak vis van 13,470 kg was die swaarste. Hy was dus ook die wenner in die meestersafdeling. Om alles te kroon het hy die swaarste karp en witvis – 2,250 kg en 0,340 kg onderskeidelik, ingeweeg.
Johan Groenewald was tweede in die A-sone en die wenner in die veterane- afdeling.
In die B-sone het Charl Ferreira gewen en hy was die beste in die senior afdeling.
Piet Hugo was tweede in die B-sone. Megan van Graan was die wenner in die vroue-afdeling




