Die Brandvlei-hengelaars wat die jaar in die laaste hengelkompetisie van die seisoen goed afgesluit het:Agter, van links, is Danie Wilmot, Johan Coetzee, Piet Hugo, Johan Stander, Jacques van Graan en Pierre Snyman. Voor is Tiaan Coetzee en Megan van Graan.Foto: Supplied


Die Brandvlei-hengelklub se laaste kompetisie vir die jaar is die afgelope Saterdag in lekker warm weer in die Brandvleidam afgehandel.

Die vis het goed gebyt, met Danie Wilmot wat die A-afdeling met 13 vis gewen het. Pierre Snyman en Johan Stander was hier onderskeidelik tweede en derde.

Wilmot was ook die dag se wenner in die veterane-afdeling en het ook die swaarste witvis (480 gram) ingeweeg.

Jacques van Graan het die B-afdeling met 27 vis oorheers en is as die meesters- en algehele wenner gekroon. Johan Coetzee was hier tweede, met Piet Hugo in die derde plek.

Coetzee is ook aangewys as die wenner in die senior afdeling en het die swaarste baber (1,8 kg) ingeweeg.

Megan van Graan was weer op haar allerbeste en was nie net die wenner in die vroueafdeling nie, maar het ook die swaarste karp (2,10 kg) ingeweeg.

In die junior afdeling het Tiaan Coetzee die beste gevaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article