’n Man wat ’n maand gelede as vermis aangemeld is, se lyk is Saterdag in ’n rivier gevind.

“Verbygangers het die oorledene, Marno Hendrick, se lyk in die rivier op die plaas Houmoed sien dryf. Hulle het die polisie onmiddellik, om 13:40, na die toneel ontbied,” verduidelik AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder vir die Worcester-polisie.

Later is gevind dat dit die man is wat deur sy broer op 29 Junie as vermis aangemeld is.

“Toe hulle die man se lyk na die wal toe bring, het hulle gesien die liggaam was al besig om te ontbind. Dit is onduidelik hoe lank die man se lyk in die rivier was.”

Die oorledene het glo op die plaas Alfalfa in die Scherpenheuwel-gebied gewoon, lui die polisie se verslag.

Dit is onduidelik vir hoe lank Hendricks vermis was voordat sy broer, wat in Avianpark woon, dit by die polisie aangemeld het.

In hierdie stadium van die ondersoek lyk dit asof die oorsaak van Hendricks se dood verdrinking was.

“Daar is geen wonde of merke tydens die lykskouing op die liggaam gevind nie. Dit blyk hy het in die rivier geval en verdrink,” sê Jacobs.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article