Die voltooiingsdatum van die verkeersirkel by die Hoog- en Louis Langestraat-aansluiting kruip al nader.Foto:


Die pylvak na die voltooiing van die Hoog- en Louis Langestraat-verkeersirkel het aangebreek.

Die Breedevallei-munisipaliteit se departement van ingenieursdienste het aangekondig dat die verwagte voltooiingsdatum vir dié sirkel 18 November sal wees.

Dié sirkel is reeds grootliks voltooi en die kontrakteur is tans besig met die finale afrondingswerk, wat grootliks plaveiwerk op die sypaadjies behels.

Baie Worcesteriete sal dankbaar wees wanneer die verkeersvloei in die N1-Hoogstraat-korridor weer na normaal terugkeer en die stop-en-ry-stelsel nie meer nodig is nie.

Nog meer Worcesteriete, wat altyd lank in die verkeer van die Worcester- nywerheidsgebied, Hex Industria en Zwelethemba af by hierdie moeilike aansluiting moes wag, sal ook bly wees wanneer die verkeersvloei danksy die sirkel verbeter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article