Innovation for the Blind (voorheen bekend as die Instituut vir Blindes) is ’n nie-winsgewende organisasie wat sedert 1881 voorsien in die allesomvattende behoeftes van mense met visuele en addisionele gestremdhede.

Hoewel ons by Innovation for the Blind elke dag daarna strewe om te groei en te bou aan ’n verantwoordbare, deursigtige en volhoubare organisasie wat hoë standaarde van diens ook in die toekoms sal kan lewer, wil ons u graag uitnooi om u nalatenskap te oorweeg.

Hoekom nie een los wat voortleef nie, een wat steeds ’n kragtige impak sal maak op die bemagtiging van mense met visuele gestremdhede? U kan dit doen deur aan ons te bemaak deur ons die begunstigde, of een van die begunstigdes, in u testament te benoem.

U geskenk kan: . voorsien in residensiële versorging en sorgdienste aan 350+ inwoners met visuele- en addisionele gestremdhede;. voorsien in beroepsgerigte ontwikkelingsgeleenthede vir ±170 mense met visuele gestremdhede in ’n allesomvattende, beskutte omgewing; . voorsien in opleiding van mense met siggestremdhede, sowel as doofblinde mense in ons Hulpbronsentrum.

Bemakings bied belastingvoordele: alle geskenke aan ’n organisasie sonder winsbejag of liefdadigheidsorganisasie is belastingvry. Dit beteken indien u besluit om Innovation for the Blind as ’n begunstigde in u testament te benoem, dat die waarde van u geskenk van u boedel afgetrek sal word voordat die boedelbelasting bereken word.

Enige vrae?. Ek wil voorsiening maak vir my familie en vriende. Kan ek steeds vir Innovation for the Blind gee?

Ja, nadat u na u geliefdes omgesien het. ’n Geskenk of ’n persentasie van u boedel sal verseker dat ons dienste kan voortgaan.. Kan ek Innovation for the Blind by my bestaande testament voeg?

Ja, u kan u adviseur vra om u testament te verander deur ’n kodisil by u bestaande testament te voeg.

Indien u enige navrae het aangaande u testament/nalatenskap, kontak Chimoné by 023 347 2745 of stuur e-pos na info@innovationfortheblind.org

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article