Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het gevra dat ouers gedurende die skoolvakansie moet verseker dat hul kinders deurentyd padveiligheid moet toepas.

Met die skoolvakansie op hande is daar meer voertuie op die pad.

Gedurende skoolvakansies is kinders geneig om meer tyd op die paaie as passasier, fietsryer of voetganger deur te bring. Motoriste word ook aangemoedig om ekstra versigtig te wees deur stadig te ry en te verseker dat al die ligte van hul voertuig werk.

Die departement sê ook ouers en versorgers moet seker maak dat hul kinders in die voertuig vasgegordel is.

Die volgende veiligheidswenke kan gevolg word:
. Voetgangers, veral kinders, moet sigbaar wees vir motoriste.
. Helder weerkaatsende klere is ’n moet vir kinders, veral diegene onder tien jaar.
. Weerkaatsende kolle, poncho’s, hoede en sambrele kan lewens red, veral dié van ’n kind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article