Kom kuier heerlik om ’n tafel met versnaperings en iets te drinke by ’n spesiale musiekkonsert by die Worcester-vallei NGK-saal op 16 Februarie vir ’n besonderse Valentynskonsert. Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Jannie Moolman tree op saam met Coneil Muller en Riaan Hunter. Saam met die sang sal dansers van Dance Domain Worcester ook optree om dit ’n onvergeetlike ervaring te maak. Tien plekke by ’n tafel is teen R200 elk (verversings ingesluit) beskikbaar. Koop of borg gerus ’n tafel se kaartjies vir kliënte, vriende of familie, of koop ’n paar enkelkaartjies. Sitplekke is ook op die galery beskikbaar, maar sonder verversings en wel R150 per kaartjie. Die opbrengs van die konsert sal aangewend word vir Smart Starters, ’n afdeling van diakonia van die NG Kerk wat daarop gemik is om vir minderbevoorregte kinders, wat weens finansiële redes nie ’n speelskool kan bywoon nie, die geleentheid te gee om wel onderrig te word in tale, wiskunde en godsdiens. Hulle kry ook elke skooldag ’n maaltyd. In Worcester word veral kinders van Avianpark, Roodewal en Zweletemba so versorg. Dit verseker dat die kinders nie met ’n agterstand in graad R begin nie. ’n Groep entoesiastiese vroue, wat opleiding ontvang, versorg en leer die kleintjies.Fot


Valentynskonsert vir ’n spesiale doel in Februarie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article