Die Worcester-fotografieklub begin die jaar vanaand, Donderdag 8 Februarie, en die tema vir die aand is “Vintage”. Die klub kom om 19:00 bymekaar by die Hooggelegen-aftreeoord, Langrug, se saal. Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon. Bring net jou ID of rybewys saam om by die hek te kan inkom en sê jy kom die fotografieklub besoek. Kontak Lin Adshade op WhattsApp by 082 638 5624 as jy belangstel om meer inligting te bekom. Op die foto is een van die klub se werke wat tydens ’n uitstappie na ’n skeepswrak by Kaappunt geneem is.Foto:


Fotografieklub stel sy fokus op 2024 in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article