Hierdie week se toonhuis is ’n pragwoning vir die kieskeurige koper in die gewilde Bloekombos-woonbuurt en word volgens ’n alleenmandaat deur ATM Eiendomme bemark.
Die huis bied drie leefareas en ’n ruim, goed toegeruste kombuis met ’n aparte waskamer.
Hierdie huis spog met ’n wynkelder asook ’n studeerkamer met ’n pragtige uitsig.
Die gesinskamer, met ’n uitsig op die lieflike, boomryke tuin, lei na die onthaalarea en swembad.
Akkommodasie sluit in vier slaapkamers, twee badkamers en personeel-kwartiere. Die gaste- of ouma-woonstel beskik oor ’n leefarea, kombuis en aparte slaapkamer.
Hierdie eiendom bied ook drie motorhuise, ruim parkeerruimte en uitstekende sekuriteit en is ten volle omhein met interkom-toegang.
Vir nadere besonderhede bel ATM Eiendomme by 023 347 1717 of Barbara Kriel by 084 517 6478.





