“Stapel dit hoog en kyk hoe vlieg dit!” Dit was Colin Robinson se inleiding tot ’n toespraak aan personeellede met die opening van die eerste Ultra Liquors in Kaapstad in 1995.
Sy visie was om sy klein groep geriefsdrankwinkels, destyds bekend as Solly Kramers, te omskep in hoë volume, massawinkels wat die beste pryse in Suid-Afrika bied.
Dit was ’n kitsklaar resep vir sukses wat deur die publiek verwelkom is.
Colin en sy span het nog drie Ultra Liquor-winkels in Kaapstad geopen. Dié handelsmerk het sy vlerke gesprei en vandag is daar 42 Ultra Liquors winkels in Suid-Afrika.
’n Toonaangewende, onafhanklike drankkettinggroep:
Ultra Liquors is Suid Afrika se grootste onafhanklike drankkettinggroep volgens volume (en die prestasie word deur slegs 42 winkels behaal). Die groot winkelformaat stel Ultra Liquors in staat om groot hoeveelhede produkte aan te koop. Sodoende kwalifiseer hulle vir volume-afslag en kan hulle laer verkooppryse aan kliënte bied.
Goedkoopste in Suid-Afrika:
Ultra Liquors is goed bekend vir sy daaglikse laeprysstrategie. Vir nege jaar agtereenvolgend is Ultra Liquors aangewys as die plek om die goedkoopste drank in Suid-Afrika te koop.
’n Prysopname van 15 kleinhandel-drankgroepe, wat 240 drankprodukte insluit, word deur ’n data-ontledingsmaatskappy gedoen. Ultra Liquors bied die goedkoopste gemiddelde mandjie drank.
In die regte gees:
Die slagspreuk wat deur die onderneming sypel en wat sakebesluite en interaksies dryf, is “in die regte gees.”
Dié slagspreuk is die riglyn vir daaglikse aksies: die regte plek, die regte prys en die regte houding. Ons streef daarna om sake op die regte en opregte manier te doen. Die Engelse woord vir spiritus isspirit en dit is immers wat ons verkoop. Verder herinner dit ons daaraan dat ons spesialis-drankkleinhandelaars is, en ons onthou ook dat ons mense ons trots is en as ’n gesinsonderneming is ons baie gesteld op gesinswaardes as die dryfkrag vir ons daaglikse interaksies met ons personeel en ons kliënte.
Konsessieregte:
Binne die onafhanklike kleinhandel drankbedryf is daar ’n aansienlike aanvraag om deel te wees van die Ultra Liquors-handelsnaam. Die Ultra Liquors-span glo hulle kan beduidende waarde byvoeg tot onafhanklike drankwinkeleienaars wat kwalifiseer om by die Ultra Liquors-familie aan te sluit.
Daarom kan mens verwag dat die Ultra Liquors-handelsmerk sal groei aangesien die onderneming deur die familie besit en bestuur word.
Ons doel is om ons invloed en mag in die Suid-Afrikaanse drankbedryf uit te brei en sodoende kwalifiserende onafhanklike drankwinkeleienaars help om hul mikpunte te bereik. In die regte gees, natuurlik.


