Just Property bied hierdie week een van Worcester se stylvolste en elegantste wonings in Worcester se mees gesogte woonbuurt aan.

Hierdie ontwerperswoning is geleë in ’n stil straat in die spogbuurt van Fairway Heights. Die woning bied vier ruim slaapkamers, vyf badkamers, ’n prag-kombuis waarvan die kaste uit soliede Amerikaanse okkerneuthout gemaak en die werkoppervlakke van Ceasar Stone. Die woning bied ’n swembad met asemrowende uitsigte oor die gholfbaan en die Bolandse berge.

Skakel gerus vir Johan by 083 983 9488 om hierdie eksklusiewe alleenmandaat te besigtig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article