Die ongeslypte diamante het hul weg gevind na die Breedevallei Vaardigheidskool en hul teenstanders stof laat eet. Die atlete van BVVS het gedurende die 2024- Boland LSOB-atletiek-kampioenskap hul staal getoon. Altesaam 22 atlete het na die Boland LSOB-span deurgedring, waarna sewe die Wes-Kaapse LSEN-span gehaal het. Om dinge verder te bekroon, het sewe van die atlete aan die South African Schools Athletics-byeenkoms deelgeneem, waartydens hulle 11 medaljes (sewe goud, een silwer en drie brons) verwerf het. Bo van links is Gabriel Arendse, Elton Julies, Raeez Oktober, Llowellyn Syce (skoolhoof), Jeneline Moncho, Shanté Stander en Berenice Ruiters, wat aan die Sasa-atletiekkampioenskap deelgeneem het. Lee-Ton Moses was afwesig. Shanté was die o.17- “Goue Meisie” van die toernooi en het ses goue medaljes gewen – drie individuele medaljes in 100 m, 200 m en verspring en drie vir aflosse. Sy het ook die trofee gewen vir die beste meisies-baanatleet van die kampioenskap. Janelene is die meisies-o.15-spiesgooikampioen en was derde in die gewigstoot en ook die derde beste gewigstootatleet in die land vir meisies o.17. Elton was tweede in die seuns o.19 in die 5 000 m. Raeez was derde in die 800 m vir seuns o.15. Die skool is baie trots


Uitnemende atlete by Breedevallei Vaardigheidskool (BVVS)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article