Die Goudini-uithouritkompetisie vind plaas op 23 en 24 Mei met ruiters van die Suid-Kaap, Wynland, Overberg, Swartland, Weskus en Kaapse Metro wat na die mooie Breedekloof sal ry.

Dirkie Theron en Niel Jordaan van Rawsonville het onlangs weer die baan met ’n bakkie gaan ry en weens verlede jaar se kwaai reën is die roete nou effe verander.

Afstande wat ruiters ry:

Vrydag 23 Mei: 40 km (spring weg om 13:30)

Saterdag 24 Mei: 40 km, 80 km, 120 km (eerste wegspring om 06:30).

Daar word ongeveer 80 ruiters verwag en die kategorieë waarin deelgeneem sal word is liggewig, standaard en swaargewig.

Puik uithouritvermoëns sal tentoongestel word met nasionale perdekampioenruiters en die Suid-Afrikaanse internasionale kampioenskap se top-ruiters wat na verwagting gaan deelneem.

Motoriste word ook gevra om oor die twee dae van die uithourit op die uitkyk te wees vir ruiters.

Waarskuwingsborde sal langs die roetes duidelik sigbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article