Die hofsaak van die voormalige bestuurder en ontvangsdame van Huis Andries Hamman, Liezl du Toit en Christa Human, is na die streekhof in Worcester oorgeplaas.
Die twee, wat na bewering amper R1,4 miljoen by die tehuis verduister het, sal hul eerste verskyning op 8 September maak.
Volgens die polisie het die twee reeds al in 2018 begin om geld van die ouetehuis te steel deur dit in hul privaat rekening te betaal. Na bewering het hulle voorgegee dat die betrokke transaksies vir geldige uitgawes in die belang van die tehuis was.
Die twee staan tereg op 162 klagtes. Hulle dade het glo in Januarie vanjaar aan die lig gekom. Die tehuis het sedertdien ’n nuwe bestuur gekry.




