Devon Goliath

‘n Groot tragedie het voorverlede week in Laingsburg afgespeel toe twee jongmense op die N1-snelweg in die rigting van Beaufort-Wes net buite die dorp doodgery is.

Die 16-jarige Mé-Jaygon Barends en Devon Goliath (24) het volgens berigte op Vrydag 13 Junie saam met vriende in die pad foto’s geneem toe hulle net ná 20:30 die aand deur ‘n aankomende Land Rover getref is.

Die vriende is ongedeerd, maar beide Barends en Goliath het ernstige beserings opgedoen en is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar, het ‘n polisiewoordvoerder, sers. Christopher Spies, gesê.

Die Laingsburg-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Goliath was ‘n lid van die Laingsburg United-rugbyklub en was ook ‘n DJ en fotograaf.

Mé-Jaygon Barends was ‘n gr.10-leer- der aan die Hoërskool Laingsburg. Die skool het sy medelye op Facebook betuig.

“[Die] Hoërskool Laingsburg gaan jou mis en jy laat ‘n groot leemte in die Skapie-familie. Ons harte is gebreek met die tragiese afsterwe van hierdie pragtige dogter en gr.10-leerder van ons skool. Mag God die bedroefde ouers, familie en vriende van Me-Jaygon in hierdie hartseer tyd dra en vertroos,” lui die skool se inskrywing.

Goliath was ‘n oud-leerder van die skool.

Mé-Jaygon Barends Foto’s: Facebook
Mé-Jaygon Barends.
Devon Goliath

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article