Sakkie Majiedt (Ramkappie), Brandt du Plessis (die Hoërskool Montana), Christiaan van Zyl (Priority Care- ambulansdienste) en Hansen Preuss (HTS Drostdy) het die afgelope Vrydag (23 Mei) tyd in die “tronk” deurgebring as deel van die ASD Sean Kelly-sentrum se Jail Break-geldinsameling.

Oranje oorpakke, ‘n vangwa en ‘n gebedel vir borgtoggeld was Vrydag (23 Mei) in Worcester aan die orde van die dag toe sakelui en inwoners tronk toe gestuur is.

Die ASD-Sean Kelly-sentrum het ‘n kreatiewe aanslag gevind deur geld met sy Jail Break-geldinsameling in te vorder. Die hoofde van skole, sakelui en inwoners het tyd by die tydelike “selle” by die Lions Club deurgebring totdat hulle die nodige borgtoggeld bymekaar kon maak.

Van die 19 mense wat opgesluit is, het net ses geweet wat gaan gebeur. Die ander is heeltemal onkant betrap toe die veiligheidsdienste hulle in die vangwa wou laai. ‘n Vrolike atmosfeer het geheers met die “gevangenes” wat hul blikbekers en -borde geslaan het en worsbroodjies wat gebraai is.

Die ASD- Sean Kelly-sentrum sien om na veertig kinders wat veelvuldige gestremdhede het en het 16 kinders in sy woon-eenheid. “As dit nie vir die sentrum was nie, sou dié kinders moontlik tuis gebly het. Nou kry hulle die nodige stimulering in ‘n omgewing wat hulle aanvaar net soos hulle is,” sê Nicky Labu- schagne, die sentrum-bestuurder. Van die kinders het met hul versorgers opgedaag om liedjies te sing.

Die geldinsameling duur al die hele week. Bel Labuschagne by 082 895 8432 om die sentrum te ondersteun.

'n Klompie Worcester-inwoners is Vrydag (23 Mei)
"toegesluit" om geld vir die ASD- Sean Kelly-sentrum vir gestremde kinders in te
samel.
“Wie sal ons borgtog betaal?” ‘n Klompie Worcester-inwoners is Vrydag (23 Mei) “toegesluit” om geld vir die ASD- Sean Kelly-sentrum vir gestremde kinders in te samel. By hulle is die veiligheids- wagte wat hulle aangekeer het. Foto’s: Ronél van Jaarsveld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article