Bo is van die rolspeleres vir die Montagu-rieldansfliek. Voor van links is Mareletta Mundey, Zenobia Kloppers, Randy Januarie, Karin Arends en Anmiray Opperman. Middel: Vicky Sawkins, Deniel Barry en Dorette Steenkamp), en agter Lloyd Dawson, Frazer Barry en Johnny Steenkamp.Foto:


Die Boland se gewilde rieldansers het die wêreld aan hul voete.

Die verfilming verlede naweek in Montagu was só ’n reusesukses dat opnuut kennis geneem is van die talent en passie van die streek se rieldansers.

Die opname is kort ná die verfilming gratis aan die gemeenskap vertoon, wat ’n reusebydrae het tot die siel van die riel gelewer het.

Intussen stroom die nasionale en internasionale toekennings in.

Volgens Zenobia Kloppers, die filmmaker bekend vir haar rol as Fiela in Fiela se Kind, is die Boland se dansers vir die Durban- Internasione Filmfees (DIFF) gekies.

“Die DIFF was dus ons wêreldpremière. Die DIFF tel onder van die grootste filmfeeste ter wêreld.

“Ons is ook benoem vir Beste Kortfliek as een van net drie flieks in die hele Afrika vir die African Movie Academy Awards (AMAA) wat Sondagaand plaasgevind het.

“Ons het nie gewen nie, maar dis ’n geweldige groot eer om benoem te word, aangesien ons teen die hele Afrika meeding!”

Die AMAA’s is Afrika se Oscars, sê sy.

Die Bolanders is ook gekeur vir die South African Independent Film Festival (in kompetisie).

“Ek is vreeslik opgewonde dat ons filmpie ook gespeel het by die Pierre Cardin Film Festival in Lacoste, Frankryk.

“Ons het die hoofprys (Jury Prize) gewen, asook die prys vir gehoor-gunsteling!”

Intussen sê Langeberg se onderburgemeester, Johnny Steenkamp, wil as gevolg van die films wat so gereeld in Montagu geskiet word ’n rolprentkantoor en radiostasie in die dorp stig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article