The Fleet-Kersfeeskoor is die afgelope Sondag as ware kampioene van hul eerste kompetisie in twee jaar gekroon.

Dit was mooi om te sien hoe toeskouers van vroeg af die Robertson-sportterrein in Van Zylstraat volpak.

Die Kaapse Wynland-Kersfeeskoorunie kan baie trots wees op die kompetisie wat weens die pandemie nou die eerste keer in twee jaar plaasgevind het.

Die gasheer, Old St. Blues, kan uitgesonder word vir sy puik voorbereiding.

Die kompetisie is wel met ’n uur vertraag, maar dit was om toeskouers kans te gee om by die stadion te kom.

Wat Sondag baie opvallend was, was toe die twee groot gunstelinge, Old St. Blues en The Fleet, begin sing, kon jy aanvoel die twee kore is oorgehaal om te wys wie is die beste in die unie.

Verdon Arendse met die seniors se trofee.
Verdon Arendse met die seniors se trofee.
    Rushdia Africa wys die Tiny Tots se skild
Rushdia Africa wys die Tiny Tots se skild

The Fleet het by sy spanpraatjie deur sy uitgeslape orkesleier, Danville Barry, gehoor dat hy nie daarvan hou om te verloor nie, en dit het die gees onder lede laat opvlam.

’n Mens kon onmiddellik die vasberadenheid onder hulle bespeur om te wys waarom hulle die kampioen is.

The Fleet het al die afdelings gewen: “Tiny tots”, junior en senior.

The Fleet het Sondag talle van sy lojale ondersteuners in Robertson gehad, en hulle is behoorlik aangevuur.

Die aandag verskuif nou na die Faure-stadion in Paarl waar die Suid-Afrikaanse Kersfeeskoreraad Sondag 3 April ’n welwillendheidskompetisie aanbied, waar die bestes gaan deelneem.. The Fleet se toeskouers kan Wilfred September by 084 472 8300 bel indien hulle belangstel om die koor se nuwe T-hemde aan te skaf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article