“
Sodra daardie honde opgelei is en gereed is om na ’n blinde te gaan, begin ons [Sagda] dan soek na iemand wat geskik is en die beste by hulle sal pas.
“So, net omdat iemand bo-aan die lys is, beteken dit nie dat die hond wat gereed is, by jou gaan pas nie,” volgens Robertson.
Die rede hiervoor is dat ’n vinnige gidshond nie by iemand sal pas wat stadig loop nie, wat dan ’n vertraging sal veroorsaak wanneer die hond nie geskik is nie, en die gestremde nog langer moet wag.
Nog ’n terughoudende faktor is die tekort aan finansiering om ’n gidshond op te lei.
Sagda, asook verskeie ander organisasies oor die wêreld heen, maak staat op skenkings, en wanneer daardie geld opdroog, veroorsaak dit ’n vertraging.
Robertson het verduidelik dat die strawwe opleiding wat dié soort honde ontvang, Sagda nagenoeg R100 000 per hond kos,
Dus, om die tekort uit te wis en die waglys effens te verkort, word mense aangemoedig om skenkings te gee.
Tans borg die Pick n Pay-groep ’n bekende swart Labrador, Luca, ’n gidshond wat in Vishoek woon en op inkopiesakke en sosiale media van die kruidenierswarewinkel pronk.
Hy is deur Sagda opgelei.


