Tannie Hettie van Robertson het haar 104de verjaardag op 5 Junie gevier. Hester Helena (Hettie) Malan is op 5 Junie 1920 op die plaas Groenfontein in Wellington gebore. Sy is een van vyf kinders – twee broers en drie susters. Sy het haar skoolloopbaan by Agter Groenberg in Wellington voltooi. Ná skool het sy haar as ’n haarkapster bekwaam en in die Paarl gewerk. Sy en Hermanus Johannes (Wallie) Walters van die Paarl is op 22 September 1945 getroud. Die paartjie het 13 jaar later – in 1958 – na Robertson verhuis, waar Wallie destyds op die proefplaas vir die departement van landbou gewerk het. Hy is in 1993 oorlede en hulle het tot tannie Hettie se 88ste jaar in haar huis gewoon. Sy het in Augustus 2008 na Huis Le Roux verhuis, waar sy steeds ’n inwoner is. Sy het twee dogters, vyf kleinkinders en dertien agterkleinkinders. Foto:


Tannie Hettie vier 104 jaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article