André Cilliers van Worcester Primêre Skool en Stephan Schutte van Jaffe’s Ford neem hierdie naweek aan die Karoo Burn-fietsren deel ten bate van Cariah van Zyl se mediese onkoste. Cariah het verlede jaar twee kogliêre inplantings ontvang. Uitermatige gehoorverlies in albei ore is net ná haar eerste verjaardag by haar gediagnoseer. Die roete strek oor 242 km en hulle ry van Calvinia deur die Tankwa na Ceres. Dié twee fietsryspanmaats nooi die gemeenskap uit om hulle per kilometer te borg om die familie se finansiële druk te help verlig. Verskeie pryse kan gewen word, waaronder ’n mini-motorfiets ter waarde van R3 500, ’n heel lam, ’n halwe lam en 12 bottels Meander Chenin Blanc. Om ’n bydrae te lewer en ’n kans te hê om een van die pryse te wen, besoek www.tixza.co.za vir besonderhede. Hierdie Saterdag (25 Februarie) is terloops ook Internasionale Kogliêre-inplanting-dag. Foto:

Credit: SYSTEM

Tankwa-trap vir dowe meisie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article