Daar was weer propvol, aksiebelaaide wedstryde van die Robertson-sagtebal-krieketunie verlede naweek in die vyfde ronde van die huidige seisoen, wat Superstars (foto) boaan die punteleer laat. Royals het die Tornados met 19 lopies geklop. Die span van Royals het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en 93/7 in sy toegelate 20 boulbeurte bereik. Chad Januarie (16) en Shane Abrahams (14) het met die kolf uitgestaan. Pen United het New Orleans met 68 lopies geklop. Pen se Ghovan Bronn (25) en Gregg Lennert (19) het met die kolf uitgestaan en die span het 126/7 in sy 20 boulbeurte aangeteken. Met Superstars se wedstryd teen MU het Knights die loot gewen, eerste gekolf en 106 lopies aangeteken. Koffa (22) en Curt lee Stevens (15) was die span se beste kolwers. Chessy Mouries 3/21 was MU se beste bouler. MU Knights het dit moeilik gevind om aan die gang te kom en is vir 55 lopies uitgeboul met Rashied (11) en Chessy Mouries (10) wat hard probeer het. Brain Samuels 4/8 en JC Mentza 2/13 was Superstars se beste boulers. Superstars het die wedstryd met 51 lopies gewen. Wedstryde op 31 Maart – Die Stoep teen Dorpsig Barbarians om 12:00

Superstars voor in die koor!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article