Die Angels Foundation hou Sondag (24 September) ’n dankseggingsdiens in die O-P-blok in Riverview. Die dansgroep wil deur middel van die diens sy dank aan die gemeenskap betoon vir hul ondersteuning deur die jare. Hulle gaan ook elke week na lede van die gemeenskap uitreik. Hulle beplan om na minderbevoorregte en behoeftige mense in gemeenskappe soos Roodewal, Hexpark, OVD, Riverview en Avianpark uit te reik. Die Angel Foundation vra ook vir dié wat kan om ’n bydrae tot hul projek te maak in die vorm van geldelike skenkings sowel as kos, bestanddele vir maaltye en selfs vrugte. Enigeen wat wil bydra, kan Aubrey Lucas by 084 825 9779 bel. Foto: Nik Wullschleger


Stigting hou dans en diens

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article