Die Sporting Stars FC-sokkerspanne het hul jaarlikse prysuitdeling Saterdag (19 November) in die Cumberland-hotel gehou, waar spelers, beamptes en ondersteuners wat in hul onderskeie velde uitgeblink het, vereer is.
Rushdi Hollenbach is as die ondersteuner van die jaar aangewys terwyl Kaylin Adler vir haar diens as noodhulpwerker van die vrouesokkerspan vereer is.
Wah-hieda Stuurman is as administrateur van die jaar aangewys en het ook die voorsitter-prys vir haar diens aan die Sporting Stars FC-sokkerklub ontvang.
Hylan Lekay (mans), en Stuurman (vroue) is as die mees gedissiplineerde spelers aangewys, met Saamier Cupido (mans) en Athini Mzingeli (vroue) as die toegewydste spelers.
Azhar Kafaar (mans), en Sihle September (vroue) is as die spelers wat die meeste vordering in hul onderskeie afdelings getoon het, aangewys.
Paula van Wyk (vroue) asook Chris Rittas (mans) is as beste doelwagters aangewys, en Theo Cole (mans), sowel as Mzingeli Mzingeli was die beste verdedigers.
Shanaaz Witbooi (vroue) en Tyrique Schroeder (vroue) is as die beste middelveldspelers gekroon, en Neliswa Klaasie (vroue) en Jayden Saal (mans) as die beste voorspelers.
Cupido (mans), Saal (mans), en Klaasie (vroue) het ook die prys vir die meeste doele in hul spanne ontvang, terwyl Rittas en Bulelwa Suoane as die beste nuwe spelers van 2022 gekroon is.
Aasif Witbooi is as afrigter van die jaar aangewys vir dit wat hy met die Sporting Stars FC se vroue in 2022 vermag het.
Die vrouespan is ook as die klub se Span van die Jaar aangewys.
Lorenzo Fortuin (mans) en Inga Ngcenge (vroue) is as die mees waardevolle spelers aangewys, terwyl Ebeneshia Malgas (vroue) en Tyrique Schroeder (mans) as die spelers van die jaar in hul onderskeie afdelings aangewys is. Waleed Hollenbach (mans), en Athini Mzingeli (vroue) is as die spelers van die jaar in onderskeidelik die mans- en vrouespanne aangewys.
Malgas en Hollenbach was die groot wenners van die aand toe hulle onderskeidelik as die Sportvrou en Sportman van die jaar aangewys is.





