DoofBlind Suid-Afrika is op 26 Julie 1996 gestig toe ’n groep DoofBlinde en nie-gestremde persone met ’n gemeenskaplike doelwit bymekaar gekom het om ’n nuwe organisasie in Suid-Afrika tot stand te bring wat spesifiek die DoofBlinde-gemeenskap kan verteenwoordig en ’n platform voorsien waarvandaan hulle eie stem gehoor kan word.
Voor 1996 het die DoofBlinde-gemeenskap hul hoofsaaklik vereenselwig met óf die dowe gemeenskap óf die blinde gemeenskap, maar sonder ’n identiteit van hul eie. Met verloop van tyd het hierdie situasie al meer frustrasie meegebring onder DoofBlinde-aktiviste omdat die DoofBlinde-gemeenskap se unieke identiteit, karakter en behoeftes nie gelykwaardig aangespreek is en erkenning ontvang het nie.
Weens DoofBlinde persone se dubbel-sensoriese verlies van gehoor en sig in een liggaam was die DoofBlinde persoon meestal geïsoleerd weens kommunikasie-uitdagings en onvoldoende gelykwaardige toegang tot inligting en algemene dienste beskikbaar.
Die huidige grondwet van DoofBlind Suid-Afrika se inleiding, missie en visie vat dit alles baie mooi saam:
Introduction
As the official voice of DeafBlind people, DeafBlind South Africa has been formed to provide supportive services to DeafBlind individuals, their families, caregivers, and friends as well as any other persons closely involved with their day to day activities. It serves DeafBlind individuals of all ages, dealing with all conditions of deafblindness, no matter what the degree or severity of the dual sensory impairments. DBSA was established to serve as the voice of DeafBlind people in South Africa.
The severity of combined visual and auditory impairments means that DeafBlind people cannot automatically utilise services for people with visual impairments or with hearing impairments. Therefore, deafblindness causes extreme difficulties regarding education, training, working life, social life, cultural activities, information, communication, and mobility.
Deafblindness must therefore be regarded as a separate disability which requires special methods of communication, mobility, and special methods for coping with the functions of everyday life.
Mission
To empower the DeafBlind in South Africa and to be the unifying voice of DeafBlind persons in South Africa which will ensure that DeafBlind people are recognised as persons with dignity, equal rights, and opportunities.
Vision
Barrier free society that will allow persons with deafblindness to actively participate in the activities of the national, provincial, and regional development.
Die bekende DoofBlinde aktivis, Helen Keller, het gesê: “When you lose your vision, you lose contact with things; when you lose your hearing, you lose contact with people.”
Hiermee wil ek dan namens DoofBlind Suid-Afrika en ons DoofBlinde-gemeenskap die pioniers en stigterslede salueer vir hul baanbrekerswerk om ons DoofBlinde-gemeenskap ook ’n stem van hul eie te gee.
Ons innige meegevoel en simpatie aan familie en vriende met die ontydige afsterwe op Sondag 16 Julie 2023 van Sandra Tyler wat ’n formidabele stigterslid, pionier en voormalige nasionale voorsitter van DoofBlind Suid-Afrika was.
Baie dankie vir al jou harde werk en baie baklei namens die DoofBlinde-gemeenskap deur al die moeilike jare, Sandra!




