Ons het hedendaags baie Annie Sullivans nodig, wat met geloof en toewyding mense se potensiaal op die regte manier kan help ontsluit.
Dit is een van die doelstellings van ’n organisasie soos DoofBlind SA om ‘n platform te skep waar DoofBlinde mense kan droom en floreer en ook Helen Kellers mag wees in hul eie reg.
Kom, raak betrokke by ons. Help ons om te kan doen wat ons doen – hier in die “land van DoofBlind SA” – waar Doofblindes verteenwoordiging in elke provinsie het.
Ons nasionale kantoor is by Napierstraat 17A, Worcester.
Kom gesels met ons oor hoe u betrokke wil raak, op welke manier ookal.
Ons selnommer is 082 688 5344, of e-pos vir Philip Dobson by n.d.a@deafblindsa.co.za, die DoofBlinde nasionale direkteur. Hy het groot drome, waarmee u kan help.





