Ná ’n skitterende vertoning deur senior burgers verlede jaar, wat almal ná die tyd vir dae lank aan die praat gehad het, is dit Sondag 5 November om 15:00 in die stadsaal weer sulke tyd, met die sterre van gister wat weer hul uitsonderlike sangtalente gratis op die verhoog sal tentoonstel.

Naomi Nel, raadslid van die Vryheidsfront Plus en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskaps­ontwikkeling, die gemeenskapsaktivis Shaheen Bergh in samewerking met sy komitee, en die bekende Ronnie Apollis van Noot vir Noot-faam, wat weer as seremoniemeester sal optree en self ook die gehoor gaan vermaak, sal vir seker weer dinge laat ruk.

Onder vanjaar se kunstenaars is Deon Kleinhans en Greg Smith van die ikoniese Restless Children, Charles Baxter en Donny Fortuin, die minnesanger Cedric Andrews, die bekende musikant Lanzo Daames, die singende skoolhoof Hubert Titus, asook ’n hele paar nuwe toevoegings. Nuut op die verhoog is voormalige Worcesteriete asook inwoners van die dorp, onder wie Francis Pietersen, Claudia Ceasar en Verne Voigt.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article