Die sportghoeroe Paddy Upton praat in Wellington oor hoe om verwagtinge en druk op leerders positief te hanteer.


Die internasionaal gerekende kondisioneringsafrigter Paddy Upton gesels Maandag 6 Mei in Wellington met ouers, onderwysers en afrigters oor hoe om verwagtinge en druk op leerders positief te hanteer en hoe om verwagtinge rakende ’n ontluikende sportloopbaan ten beste te bestuur.

Hy sal die belangrikheid van sport, sonder onnodige druk, vir ’n kind se persoonlike ontwikkeling aanraak, en hoe om redelike verwagtinge oor prestasie in alle fasette van die lewe te behou.

Hoewel sport die metafoor is vir sy praatjie, getiteld “Managing expectations and external pressure on children”, sal dit ook inslag vind by enigeen wat met kinders werk.

Upton was onder meer die afrigter Gary Kirsten se regterhand toe Indië in 2011 die Wêreldbeker-kriekettoernooi gewen het. Hy het ook die Protea-span, die 2023- Indiese hokkiespan en verskeie IPL-krieketspanne gehelp.

Hy praat op 6 Mei om 19:00 by die Hugenote Hoërskool in Wellington. Dié inisiatief van die Hugenote Ondersteuners­bond is oop vir die publiek.

. Skakel Janita Burger by (021) 873 2111 of stuur e-pos aan haar by burgerj@hugenoteskool.co.za vir kaartjies teen R50.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article