’n Unieke en besonderse huis in die spogbuurt Fairway Heights, met asemrowende uitsigte, word vandeesweek deur Seeff Eiendomme as skouhuis aangebied.
Die dubbel volume plafonne beïndruk sodra ’n mens deur die besonder groot houtvoordeur stap. Binne wag die verrassing van ’n kontemporêre kombuis en leefarea. Dié twee vertrekke gee ’n gevoel van oopplan-ruimtes, hoewel dit op twee verskillende vlakke is.
Die slaapkamers loop gerieflik na die een kant van die huis en so word die son en uitsig optimaal benut. Al vier slaapkamers het netjiese ingeboude kaste en bied meer as genoeg ruimte.
Daar is ’n vol badkamer sowel as ’n en suite-badkamer van die hoofslaapkamer wat nog ’n bad bied. Elke slaapkamer het gelamineerde vloere.
Die motorhuis bied addisionele ruimte as werkplek en die huis is eko-vriendelik met ’n sonpaneel en ’n lae onderhoud, inheemse tuin.
Vir nadere besonderhede of om besigtigtiging te reël bel Gideon by Seeff Eiendomme 023 344 3291.





