Hierdie ruim drieslaapkamerhuis is nuut gebou en gereed vir intrek.

Die nuutgeboude drieslaapkamerhuis in die gesogte sekerheidskompleks van Oude Meule, is toegerus met ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is ook ’n ingeboude stoof en ’n aparte opwaskamer.

Wat hierdie spesifieke huis so uniek maak, is die oop leefareas wat dit geriefliker vir die gesin maak om familietyd saam deur te bring.

Die huis bied ook ’n dakkamer wat vir baie dinge gebruik kan word, indien dit nie as ’n slaapkamer ingerig sou word nie, soos ’n lekker kuier- area vir die jongmense met ’n pooltafel, ateljee of selfs ’n kantoor en nog vele meer.

Die hoofslaapkamer met ingeboude kaste het ’n interessante en suite-badkamer.

Dan is daar ook ’n groot onderdak braaiarea en ’n dubbelmotorhuis.

Maak seker dat jy hierdie netjiese woning met sy ruim leefareas besigtig.

Skakel gerus Sotheby’s vandag nog by 023 347 2240 om ’n afspraak met ons agente te reël.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article