Kiewiet van der Westhuizen se wenfoto met die titel Refleksies. Foto:


Die wenfoto van Worcester Fotografieklub se byeenkoms Donderdag 9 Mei was “Refleksies” deur Kiewiet van der Westhuizen.

Peter Hardcastle van die Malmesbury-fotografieklub het die foto’s beoordeel. Hardcastle is al sedert 1982 bedrywig met die neem van foto’s toe hy sy eerste kamera gekoop het.

Die klub se volgende vergadering vind op Donderdag 13 Junie in die saal van Hooggelegen-aftreeoord plaas. Die fototema vir Junie is “My gunsteling-troeteldier”.

Kom kuier en kyk, lewer jou kommentaar of stel jou vrae en geniet die foto’s en bespreking saam met ons. Deur dit te doen, leer ons by mekaar. ’n Uitdaging is mos lekker.

Hierdie is ook ’n geleentheid om jou kreatiwiteit te ontwikkel of selfs te ontdek, en ook ’n geleentheid om jou ontdekkingsreis met ander te deel.

. Junie-byeenkoms: 13 Junie om 18:30 vir 19:00. Alle belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon. Bring jou rybewys vir toegang by die oord se hek en ’n beker vir koffie/tee (koffie en tee word voorsien).

Die Worcester Fotografieklub beplan ook ’n fotografie-werksessie oor die basiese beginsels van fotografie en praktiese toepassing daarvan, soos hoe om jou kamera en toerusting tot die maksimum te benut.

. Die werksessie op 3 Augustus is oop vir lede en nie-lede en kos R250 per persoon. Kontak Lin Adshade by 082 638 5624 vir navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article